Perdekrag (Afrikaans Tweede Addisionele Taal Graad 12: Novel) ePDF (perpetual licence)

Level / Grade:
Grade 12

Author(s):
Du Toit, C

ISBN:
9780636203990

License:
Perpetual licence

File type:
ePDF

In stock
SKU
9780636203990
R 68.00
Mense het dikwels probleme. Sommige probleme kan ons self oplos; vir ander het ons hulp nodig. In Perdekrag het Wilma, Binki en Lucky elkeen hulle eie probleme. Wilma, die eienaar van 'n perdryskool, het jare gelede die dood van 'n perd veroorsaak. Binki, 17, voel skuldig en skaam oor iets wat lank gelede gebeur het en is bitter teenoor haar ma. Lucky, ook 'n tiener, is vir 'n wrede daad met gemeenskapsdiens gestraf. Elkeen het die hulp van die ander nodig om bo hulle probleme uit te styg.

Perdekrag is 'n drama oor skuld, aanvaarding en vergifnis: skuld teenoor weerlose diere, teenoor die gemeenskap, teenoor 'n medemens en teenoor jouself. Perdekrag handel ook oor mense wat mekaar se diepste gevoelens leer ken en mekaar aanvaar en vergewe – en vergifnis kry waar hulle dit die minste verwag. Ten slotte stel die drama die vraag teen die agtergrond van die spesiale en noue verbintenis tussen mense en hulle diere: is sagmoedigheid 'n swakheid of 'n krag?

Hierdie uitgawe van Perdekrag bied omvattende studiemateriaal, spesifiek vir leerders van Afrikaans as Tweede Addisionele Taal, maar ook vir enige belangstellende leser en student van die dramakuns.

Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy:
  • die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik;
  • na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in ’n japtrap;
  • in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.
More Information
Edition 1
Publication date Nov 30, 2016
Language Afrikaans
Author(s) Du Toit, C
Level/Grade Grade 12
Book Type Novel
Brand MML Literature
Imprint Maskew Miller Longman
ISBN 9780636203990
Licence Perpetual licence
File type ePDF
Format Fixed layout
Write Your Own Review
You're reviewing:Perdekrag (Afrikaans Tweede Addisionele Taal Graad 12: Novel) ePDF (perpetual licence)