Om die aarde aan te haal en ander gedigte (Afrikaans Huistaal Graad 11: Poetry Anthology) ePUB (1-year licence)

Level / Grade:
Grade 11

Author(s):
Janse van Rensburg, C (Comp.)

ISBN:
9780636203983

License:
1-year licence

File type:
ePub

Out of stock
SKU
9780636203983
R 85.00
"Dit verg 'n fyn oor en ’n fyner taal om die aarde nog helder aan te haal."

In hierdie pragbundel vertel die eerste gedig, met die titel "Om die aarde aan te haal", van die Aarde as ons plek van oorsprong, ons blyplek en ons toekoms. Die digter worstel om die "fyner taal" te vind wat die betekenis en waarde van Moeder Aarde duidelik kan laat klink. Daarmee druk die digter ook iets van die waarde van poësie uit: soos Gerrit Komrij in sy inleiding tot Die Afrikaanse poësie in 'n duisend en enkele gedigte aandui, teken dit op wat uit die verlede waardevol bly; gee dit ons sowel ankerpunte as drome in ons daaglikse bestaan; en vir die toekoms is dit 'n bewaarplek – 'n "magasyn" – van wat waardevol bly.

Die gedigte is natuurlik nie net gekies om te weerspieël wat poësie is nie. Dit wil óók iets van die leefwêreld van die hedendaagse leser weergee: die skoonheid van die aarde, die verrukking van die liefde, die hoop op 'n sinvolle toekoms en die betekenis van elke oënskynlik onbelangrike mens se aardse bestaan.

Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in:
  • Die vermoë om op ’n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk;
  • Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word ’n optimale lees- en leerervaring verseker; en
  • Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.
More Information
Edition 1
Publication date Sep 30, 2016
Language Afrikaans
Author(s) Janse van Rensburg, C (Comp.)
Level/Grade Grade 11
Book Type Poetry Anthology
Brand MML Literature
Imprint Maskew Miller Longman
ISBN 9780636203983
Licence 1-year licence
File type ePub
Format Reflowable
Write Your Own Review
You're reviewing:Om die aarde aan te haal en ander gedigte (Afrikaans Huistaal Graad 11: Poetry Anthology) ePUB (1-year licence)