sprak of sprook en ander gedigte (Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 11: Poetry Anthology) ePUB (perpetual licence)

Level / Grade:
Grade 11

Author(s):
Janse van Rensburg, C (Comp.)

ISBN:
9780636203914

License:
Perpetual licence

File type:
ePub

In stock
SKU
9780636203914
R 113.00
In die gedig sprak of sprook waaruit die titel van hierdie bundel kom, betreur die digter dit dat ons dikwels so oppervlakkig met moderne kommunikasiemiddele werk. Eintlik “sprak ons dan geen sprook nie”.

Daarteenoor kan die studie en die fyn lees van gedigte ons weer die wonder van die woord laat beleef – die magiese spreke van die sprokie, maar ook die logika van die woord wat goed oorweeg en versigtig in ’n fyn net van verbande en assosiasies gespreek is.

Sodoende maak woorde nuwe wêrelde binne die leser en daarbuite oop. Elke gedig in hierdie bundel kan ’n opwindende reis wees; is daar nie net iets van die bekende te leer nie, maar ook iets van die nog onbekende, streke van die menslike gees – ’n grootse reis wat die onuitputlike bron van die poëtiese woord bied. Met illustreerder Dale Blankenaar se eiesoortige en dikwels vermaaklike interpretasies van die tekste, kan hierdie byderwetse bundel elke leser inspireer om self vele sproke te spreek!

sprak of sprook en ander gedigte sluit die volgende gedigte in:
  • bondel (Koos Kombuis)
  • Saluut aan ’n “servant” (John Boyes)
  • Saalhulp (Kobus Lombard)
  • Bergies (Louis Esterhuizen)
  • Rentmeesters (Kobus Lombard)
  • ’n Gedig vir Mapetla (Willem Krog)
  • treinrit (Elias P Nel)
  • Oppie Cape Flats (Willem Fransman (junior))
  • Loop en val (Louis Esterhuizen)
  • Brief insake Downsindroom (Sarina Dönges)
  • Demokrasie (Pity) Limited (Peter Snyders)
  • Armchair politician (Peter Snyders)
  • Demokrasie? Demokrasie? (Peter Snyders)
  • Ouman in tehuis (Pirow Bekker)
  • Ons Komvandaan (Diana Ferrus)
  • Mol (PJ Philander)
  • Elokusie (Daniel Hugo)
  • Uitvaart (Lucas Malan)
  • Broeis hen (George Weideman)
  • onomatopee (Hein Viljoen)
  • Krokodil (Johann de Lange)
  • Die tarentaal (Totius)
  • ’n miskruier het die reusedrol (Hendrik Boshoff)
  • Sommerso (Hester Heese)
  • In memoriam: Azra (MM Walters)
  • Die snoek (Barend Toerien)
  • Witbaardmeersterretjie (Johann Lodewyk Marais)
  • Sterrekyker (Franci Greyling)
  • Testament (Kobus Lombard)
  • Magteloos (Lina Spies)
  • Kabouterliefde (Ingrid Jonker)
  • Die man se standpunt (CJ Langenhoven)
  • sprak of sprook (Izak de Vries)
  • Here Be Dragons (Izak de Vries)
  • “Mamma” kan ek nie sê nie (Jelleke Wierenga)
  • laatnagloei (Susan Smith)
  • Telkom-gesprek met my ma (1) (Lucas Malan)
  • Elegie vir ’n vriend (Johan Steyn)
  • ’n Tante wat woon in Napier (Philip de Vos)
  • My antie Johanna de Beer (Philip de Vos)
  • Die dans van die reën (Eugène N Marais)
  • Welkomsgroet aan die herfs (Lina Spies)
  • Ek het ’n huisie aan die Rand (Pirow Bekker)
  • die silwermaan lê in sy gô-hok (Floris Brown)
  • Die wonder van ’n boom (Michael Khoosal)
  • katie melua (Cas Vos)
  • ballade van ’n kitaarslaner (Valiant Swart)
  • sonvanger (Valiant Swart)
Hierdie e-boek is ’n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in:
  • Die vermoë om op ’n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk;
  • Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word ’n optimale lees- en leerervaring verseker; en
  • Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.
More Information
Edition 1
Publication date Sep 30, 2016
Language Afrikaans
Author(s) Janse van Rensburg, C (Comp.)
Level/Grade Grade 11
Book Type Poetry Anthology
Brand MML Literature
Imprint Maskew Miller Longman
ISBN 9780636203914
Licence Perpetual licence
File type ePub
Format Reflowable
Write Your Own Review
You're reviewing:sprak of sprook en ander gedigte (Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 11: Poetry Anthology) ePUB (perpetual licence)