Die Kind (Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10: Novel) ePDF (1-year licence)

Level / Grade:
Grade 10

Author(s):
Van Tonder, J

ISBN:
9780636203884

License:
1-year licence

File type:
ePDF

Out of stock
SKU
9780636203884
R 61.00
Amazolo het die laaste maande van haar tyd gevra dat die kind in haar moet doodgaan, en sy saam met hom. Mlenzana het nie teruggekom nie.

Sy het aanhou werk, tot op die laaste dag, asof sy nie kind gedra het nie en almal het oor haar gepraat, die hele Msinga vol, en verder weg tot by Bomvini en Thenjini, en die Zondi. "Ek sien jou," het sy gegroet wanneer sy iemand raakloop, maar niemand het geantwoord nie. Hulle het geweet dat sy die kind nie wou hê nie.


Jan van Tonder betree in hierdie roman die magiese wêreld van die menslike religie waarin realiteit en mistiek moeilik van mekaar te onderskei is. Sentraal staan die uitverkore kind wat deur dié wat dood is en tóg lewe, gemerk is om 'n groot man te word – ten spyte van sy verskeurdheid tussen eenvoud en weelde en moeder en ma. Die een het hom in die lewe gebring, die ander het hom gesoog. Maar 'n kind kan nie tussen twee ma’s staan as die een van riet en die ander van sterklip gemaak is nie.

Hierdie uitgawe van Die kind, bied omvattende studiemateriaal, spesifiek vir leerders van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal.

Danksy die e-PDF-formaat van hierdie e-boek kan jy:
  • die hele boek vanlyn op jou rekenaar of tablet gebruik;
  • na enige teksgedeelte soek en dit merk; en in ’n japtrap;
  • in die e-boek self jou eie notas byvoeg en redigeer.
More Information
Edition 1
Publication date Oct 31, 2016
Language Afrikaans
Author(s) Van Tonder, J
Level/Grade Grade 10
Book Type Novel
Brand MML Literature
Imprint Maskew Miller Longman
ISBN 9780636203884
Licence 1-year licence
File type ePDF
Format Fixed layout
Write Your Own Review
You're reviewing:Die Kind (Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10: Novel) ePDF (1-year licence)