Agtervolger (Afrikaans Huistaal Graad 8: Roman) ePUB (perpetual licence)

Level / Grade:
Grade 8

Author(s):
Van Lill, J

ISBN:
9780636160347

License:
Perpetual licence

File type:
ePub

In stock
SKU
9780636160347
R 122.00
Die pragtige Bolandse berge wink vier jong vriende om die naweek op ’n staptog daar deur te bring. Alles verloop glad en die viertal is skynbaar vrolik tussen die berghange op pad na hulle slaapplek. In die berge – en in die vier jong harte – skuil egter geheime. Ook die spookagtige bouval waar hulle slaap, bewaar sy eie geheime. En is daar werklik ’n geheime agtervolger op hulle spoor? Dinge verwikkel dramaties na ’n hoogtepunt: ’n reddingspan moet die vier te hulp snel, die geheime word ontrafel, romantiese harte word blootgelê – en die berg eis vergelding vir misdade van die verlede.

Die verhaal word gevolg deur ’n leesgids met:
  • inligting oor die outeur
  • ’n opsomming van die verhaal
  • woordverklarings van moeilike woorde
  • vrae oor die inhoud van die verhaal en letterkundige aspekte
  • antwoorde vir die vrae
  • ’n glossarium met letterkundige begrippe.
Hierdie e-boek is ’n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in:
  • Die vermoë om op ’n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk;
  • Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word ’n optimale lees- en leerervaring verseker; en
  • Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.
More Information
Edition 1
Publication date Dec 31, 2014
Language Afrikaans
Author(s) Van Lill, J
Level/Grade Grade 8
Book Type Novel
Brand MML Literature
Imprint Maskew Miller Longman
ISBN 9780636160347
Licence Perpetual licence
File type ePub
Format Reflowable
Write Your Own Review
You're reviewing:Agtervolger (Afrikaans Huistaal Graad 8: Roman) ePUB (perpetual licence)